

Daaglikse Benodigdhede
Skoolklere
Peuters / kleuters moet gemaklike, wasbare klere skool toe dra. Ons doen baie morsige aktiwiteite deur die dag – moet asseblief nie u kind met sy / haar beste klere stuur nie. Dogtertjies moet asseblief 'n kort broekie onder rokkies aantrek. Trek asseblief u kind volgens die weersomstandighede aan.
Algemene riglyne vir klere:
-
Merk alle klere!
-
Elke peuter / kleuter moet elke dag 'n groot genoeg gemerkte sak of rugsak bring.
-
Probeer asseblief dat u kind 'n hoed in die somer dra. Smeer u kind asseblief sonbrandroom voor u hom / haar skool toe bring. Ons smeer hulle ook gereeld by die skool.
-
Stuur asseblief elke dag 'n ekstra stel klere en onderklere skool toe.
Babas / Peuters wat doek dra
Die volgende moet elke dag in u sak gepak wees:
-
2 stelle skoon klere;
-
Spoegdoek;
-
Weggooidoeke;
-
Boudsalf;
-
“Wet wipes”;
-
Kussing, kombersie en laken;
-
Formulemelk.
U kan die doeke, melk, “wet wipes” en boudsalf daagliks inpak, of u kan dit op 'n maandelikse basis skool toe stuur. Peuters wat met “potty training” begin moet asseblief genoeg onderklere en klere skool toe bring. Stuur ook sakkies waarin ons die vuil klere kan bêre.