

Reëls en Beleide
Siek kinders
Siek peuters / kleuters sal huis toe gestuur word indien hulle:
-
Hoë koors het;
-
Opgooi;
-
Diarree het;
-
Ongewone veluitslag het;
-
Kindersiektes soos waterpokkies, masels, pampoentjies ens. het;
-
Groen / geel dreinering uit die neus het;
-
Rooi of dreinering van oë of;
-
Nete of luise het.
Medisyne
Alle voorgeskrewe medisyne moet by die register ingevul word en deur u geteken word. U moet dit ook aan die onderwyseres verduidelik. Geen medisyne mag in enige kleuter / peuter se sak gepak word nie, dit is u plig om seker te maak u gee dit vir die onderwyseres, maak asseblief seker u skryf die regte dosisse in die boek neer. Dit is u of die persoon wat die kleuter / peuter kom haal, se verantwoordelikheid om die kleuter se medisyne te onthou wanneer u kind opgelaai word.
Ligte beserings sal in die daaglikse boekie geskryf word of die onderwyseres sal u kontak. Ernstige beserings word dadelik in die kantoor gerapporteer en die ouers word in kennis gestel. Ons personeel is opgelei in noodhulpprosedures, maar sou 'n dokter benodig word sal u ook dadelik in kennis gestel word.
Partytjies
Peuters / Kleuters mors met die lekkergoed in partytjiepakkies omdat hulle kieskeurig eet.
-
Moet asseblief nie papierborde, glasies en servette stuur nie. Ons het bordjies en glasies by die skool.
-
Hou dit asseblief eenvoudig. U is welkom om die klas te kom versier.
-
'n Voorbeeld vir eetgoed in 'n partytjie boks is 'n kolwyntjie (cup cake) en 'n pakkie harde skyfies (chips).
-
Moet asseblief nie gaskoeldrank stuur nie – slegs sap of gegeurde tee.
Persoonlike speelgoed
Moet asseblief nie u kind toelaat om speelgoed (insluitende 'n CD of DVD) skool toe te bring nie. Die kleuters hou nie hul speelgoed in hul tasse nie en dit veroorsaak baie hartseer as die speelding breek of wegraak. Ons kan nie die veiligheid van speelgoed by die skool verseker nie. Personeel aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlore of gebreekte speelgoed nie.