

Kommunikasie en die deel van inligting
Kommunikasie
Ons stel openhartige eerlike kommunikasie met ons ouers en leerders hoog op prys. Dit is vir ons belangrik om gereeld van u te hoor. As u enige vrae of bekommernisse oor die program het, moet asseblief nie huiwer om met u kind se onderwyseres of met Nicola te gesels nie. Daar word ook baie geleenthede deur die jaar geskep om u kind se vordering te bespreek.
Omsendbriewe
U sal 'n nuusbrief ontvang oor die gebeure van die betrokke maand. Dit is u verantwoordelikheid om asseblief die briewe te lees en op hoogte te bly van sake. U het ook die daaglikse boekie waarin u kind se onderwyseres met u sal kommunikeer. Die boekie moet elke dag in u kind se sak wees.
Verslae
U kleuter word as deel van die program, deurlopend geassesseer. 'n Aanpassingsverslag sal in Maart aan u gestuur word, daarna sal daar 2 volledige verslae twee maal per jaar aan u gestuur word.
Vorderingsverslae word deur die onderwyseres voorberei en gee u 'n goeie aanduiding wat die vlak van die kleuter se ontwikkeling is en waar nog verbetering nodig is.
Hierdie verslag vergelyk nie verskillende kleuters met mekaar nie! U word van inligting verskaf oor wat u kleuter weet en kan doen in die volgende areas:
-
Geletterdheid;
-
Gesyferdheid;
-
Lewensvaardighede.